Volt (simbool: V) is die SI-eenheid waarmee elektriese stroompotensiaal gemeet word. Die eenheid is vernoem na die Italiaanse fisikus, Alessandro Volta (1745-1827). Hy het die eerste elektriese sel in 1800 ontwikkel. In 1881 is die volt deur die International Electrial Congress as 'n amptelike eenheid aangeneem.
Een volt word gedefinieer as die verskil in elektriese potensiaal tussen twee punte in 'n geleier wanneer 'n elektriese stroom van een ampère een watt drywing genereer. Of Volt = Joule/Coulomb. Dus is:
Waar:
Simbole | Eenheidsimbole |
---|---|
Waar:
Beskrywing | Simbool | Eenhede |
---|---|---|
Elektriese spanning | V | V (Volt) |
Elektriese stroom | I | A (Ampère) |
Werk/Energie/Arbeid | W | J (Joule) |
Elektriese drywing | Q | W (Watt) |
Coulomb | C | C (Coulomb) |
Elektriese weerstand | R | Ω (Ohm) |
Massa | m | kg (kilogram) |
Tyd | t | s (sekondes) |
Afstand | x | m (meter) |