Horace Welcome Babcock | |
Gebore | 13 September 1912 |
---|---|
Oorlede | 29 Augustus 2003 |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Vakgebied | Sterrekunde |
Instelling(s) | Palomar-observatorium vir Caltech |
Alma mater | Caltech / Universiteit van Kalifornië, Berkeley |
Bekend vir | Spektroskopie en die studie van magnetiese velde van sterre. Babcock Model voorgestel, 'n teorie vir die magnetisme van sonkolle |
Beïnvloed deur | Harold D. Babcock |
Horace Welcome Babcock (13 September 1912 - 29 Augustus 2003) was 'n Amerikaanse sterrekundige. Hy was die seun van Harold D. Babcock.
Babcock het 'n aantal sterrekundige instrumente ontwerp en gebou, en in 1953 was hy die eerste om die idee van aanpassende optika voor te stel. Hy het in spektroskopie en die studie van magnetiese velde van sterre gespesialiseer. Hy het die Babcock Model voorgestel, 'n teorie vir die magnetisme van sonkolle.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy betrokke by stralingswerk by MIT en Caltech. Ná die oorlog het hy 'n produktiewe samewerking met sy pa (Harold D. Babcock) begin. Sy voorgraadse studie was by Caltech, en het sy doktorsgraad van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley verwerf.
Babcock se doktorale proefskrif het een van die vroegste aanduidings van donker materie (Engels: dark matter) bevat. Hy het metings van die rotasiekurwe vir Andromeda gerapporteer wat voorgestel het dat die massa-tot-helderheidsverhouding radiaal toeneem. Hy het dit egter toegeskryf aan die absorpsie van lig binne die sterrestelsel of gemodifiseerde dinamika in die buitenste dele van die spiraal, en nie aan enige vorm van ontbrekende materie nie.
Hy was van 1964 tot 1978 direkteur van die Palomar-observatorium vir Caltech.
Vernoem na hom